Broca media and language consultants cc

Mediastrategieë

Kommersieel
  • Evaluering van huidige mediastrategie
  • Ontwikkeling van ‘n toegepaste strategie
  • Implementering en bestuur van mediastrategie
  • Ontwikkeling en instandhouding van ‘n verspreidingslys (mediakontakte)
Nie-winsgewend
  • Evaluering van huidige mediastrategie
  • Ontwikkeling van ‘n toegepaste strategie
  • Implementering en bestuur van mediastrategie
  • Ontwikkeling en instandhouding van ‘n verspreidingslys (mediakontakte)

Vir enige onderneming wat van borgskappe gebruik maak, is ‘n bewese mediaprofiel ‘n noodsaaklik instrument om huidige borgskappe te behou en nuwe borgskappe te bekom. Uit ‘n bemarkingsoogpunt vir ‘n kommersiële onderneming is mediablootstelling vir projekte ook ononderhandelbaar. Die mediakonsultante van Broca vorm die brug tussen die onderneming se skakel- en bemarkingsafdeling en die media.

‘n Suksesvolle mediastrategie sal toesien dat jou organisasie die indrukwekkende krag van die media kan vasvang. ‘n Aktiewe strategie verseker ‘n proaktiewe benadering, wat jou in staat sal stel om meer beheer te hê oor die boodskap wat jou organisasie wil uitdra, asook ook om mediablootstelling te verhoog. Broca se mediakonsultante is spesialiste en fokus spesifiek daarop om jou organisasie se verkose beeld in die media te verhoog.